Ek was vir 24 jaar, tot 1992 verbonde aan die onderwys in Natal, en daarna vir meer as 20 jaar n geregisreerde spes.gids vir al die slagvelde, geskiedkundige plekke, gebeure, veral in Natal, en n kenner van SA geskiedenis. Met my aankoms in Orania het ek dr. Louis Bothma ontmoet – Het jare gelede een van sy boeke gelees – maar hom hier leer ken.
Hier in Orania het hy hom kom vestig in n huis wat hy gebou het so 35meter vanwaar ek gebou het. Nadat ek sy eerste aanbieding oor die geskiedenis gehoor het, het ek van sy ander boeke oor die geskiedenis aangeskaf en was geweldig beindruk met sy deeglike persoonlike navorsing in geskiedkundige gebeure, wat in meeste gevalle n heel ander aspek van die geskiedenis uitlig as wat in handboeke voorkom en deur geskiedkundiges tradisioneel gehandhaaf is
Wat veral kenmerkend van dr Louis se aanbiedings, en wat duidelik in hierdie reeks uistaan is die manier wat hy daarin slaag, deur sy deeglike navorsing van gebeure, om die lyne van geskiedkundige gebeure wat oor die tyd, en oor landsgrense hulself herhaal, saam te trek, en die duidelike patroon uit te wys; Daarmee het hy homself onderskei van enige ander SA geskiedskrywer. Hierdie kenmerk in sy aanbiedings en geskiedsbekrywings, wat hom met die drukwerk, verspreiding en bekendstelling van sy geskrifte in teenkanting met tradisioneel-aanvaarde sienings gebring het, het egter uiteindelik gelei tot erkenning op verskeie hoe platvorms wat vir Louis Bothma lof en geskiedkundige erkenning in skrywergildes gebring het.
Persoonlik hoop ek van harte dat hierdie aanbieding n opvolg gaan sien in Orania, MAAR dat hierdie aanbieding ook n skriftelike opvolg gaan sien met verspeiding ook deur ons volkskanale soos die FAK ea.