Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

Britse owerhede weier Malema Visa om die VK te besoek

by | Mei 8, 2025 | Nuus | 0 comments

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê hy is ‘n visum na Londen geweier en beweer dit is ‘n aanval op sy afwykende politieke perspektief. Malema het gister in ʼn plasing op sosiale media beweer dat Britse owerhede geen wesenlike regverdiging vir hul besluit verskaf het nie. Hy sou ‘n konferensie by die Universiteit van Cambridge bywoon. Malema is luidens ʼn EFF-verklaring genooi om die naweek ‘n toespraak by die universiteit se jaarlikse Africa Together-konferensie te hou. Die EFF meen die besluit deur die Britse owerhede is in weerwraak op kritiek deur Malema op die voormalige Britse eerste minister Tony Blair.
0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem