Die eerste Afrikaner-gesin wat as vlugtelinge na Amerika sou vertrek, gaan vir eers in Suid-Afrika bly. Hulle sou luidens berigte hierdie week reeds na Amerika vertrek het. Die presiese rede vir die vertraging is nie duidelik nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aan die begin van die jaar vlugtelingstatus aan Afrikaners aangebied wat voel dat hulle lewens in gevaar is of dat daar onregmatig teenoor hulle opgetree word. Duisende gesinne het reeds vir die geleentheid aansoek gedoen, alhoewel ‘n groot meerderheid van die Afrikanervolk meen dat hulle in die land wil bly en eerder werk aan ‘n selfbeskikkingsmodel soos ‘n Volkstaat.
Die eerste Afrikaner-gesin se planne om na die VSA te vlug is vir eers op ys

