Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

Hoofnuusopsomming 7 Augustus 2025

by | Aug 7, 2025 | Nuus | 0 comments

Kommer oor ongedokumenteerde pasiënte by openbare klinieke
ActionSA het kommer uitgespreek oor die Departement van Gesondheid se erkenning dat hulle nie statistieke hou van ongedokumenteerde migrante wat staatsgesondheidsdienste gebruik nie. Die party sê hierdie tekort aan statistiek die beplanning en beleid ondermyn, en dat die druk op die openbare gesondheidstelsel steeds toeneem.
Liebenberg se hofverrigtinge ontwrig deur argumente
Die sogenaamde diamantmagnaat Louis Liebenberg is terug in die hof in sy voortslepende borgtosaansoek. Die saak is gister onderbreek weens ’n hewige woordewisseling tussen hom en die landdros in Bronkhorstspruit. Liebenberg beskuldig verskeie rolspelers van boeliegedrag en beweer die hof hanteer sy saak onregverdig om aandag te trek.
Erge storms in Gauteng – Weerdiens waarsku
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n Geel Vlak 3-waarskuwing uitgereik vir Gauteng, met donderstorms, sterk wind en moontlike oorstromings. ‘n 60%kans op reënval word voorspel, met lae temperature en verswakte sigtoestande. Johannesburg se Nooddienste bly paraat vir moontlike noodsituasies.
Mosie van wantroue teen speaker in Kaapstad
Die Good-party het ’n mosie van wantroue ingedien teen Felicity Purchase, speaker van die Stad Kaapstad. Dit volg op ’n raadsvergadering waar sekuriteit ’n raadslid verwyder het. Opposisiepartye beskuldig Purchase van partydigheid en sê sy tree ten gunste van haar party, die DA, op.
Trofeejagvertraging kos land miljarde
Suid-Afrika het na raming R2,25 miljard verloor weens die Departement van Omgewingsake se versuim om jagtrofeekwotas uit te reik oor ’n tydperk van vyf jaar. Dit lei daartoe dat jagters nou ander lande vir hul duur safari’s kies, wat ‘n negatiewe impak het op die plaaslike wildbedryf en Suid-Afrika se internasionale aansien. Die departement oorweeg nou regsopsies ná regsaksie deur belangegroepe.
Trump en Poetin beplan ontmoeting te midde van Oekraïne-oorlog
Die Amerikaanse president, Donald Trump, beplan om binnekort met die Russiese president, Wladimir Poetin, te vergader. Die ontmoeting sal fokus op die oorlog in Oekraïne, wat reeds sedert 2022 voortduur. Die VSA dreig met sekondêre sanksies indien Rusland nie tot ’n vredesooreenkoms instem nie.
Tanzanië wen dramaties in CHAN-kwalifisering
Shomari Kapombe het ’n laaste-minuut-doel aangeteken wat Tanzanië ’n 1–0 oorwinning oor Mauritanië besorg het. Die uitslag plaas hulle bo-aan Groep B in die CHAN-kwarteinronde. Burkina Faso het ook hul kanse verbeter met ’n 4–2 sege oor die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
Markoorsig Goud:
$3 381,97 per fynons Brent-ruolie: $67,19 per vat Rand: R17,70 teenoor die dollar | R20,67 teenoor die euro | R23,67 teenoor die pond Bitcoin: $115 054,35
0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem