#Die Wes-Kaapse hooggeregshof het beslis dat die aangekondigde BTW-verhoging op 1 Mei opgeskort word. Die hof het ook beveel dat die fiskale raamwerk wat op 2 April aanvaar is, tersyde gestel moet word.
# Intussen sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens die hof se opskorting van die nul-komma-vyf persent BTW-verhoging bring belangrike duidelikheid. Die Inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, sê die uitspraak vermy ontwrigting vir besighede en verbruikers. Kieswetter sê dat verkopers nou geen wettige grondslag het om ʼn verhoogde koers te hef nie. Die Inkomstediens sal nakoming monitor, maar vertrou dat aanpassings vlot sal geskied.
# EN, die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat Columbusdag in sy oorspronklike vorm herstel sal word. Hy het Demokrate gekritiseer vir hul aanvalle op Christopher Columbus se nalatenskap en die gevoelens van Italiaans-Amerikaners. Baie het die afgelope jare verkies om in plaas daarvan Inheemse Volke-dag te vier. Verskeie Columbus-standbeelde is verwyder of beskadig weens die voortdurende debat oor sy geskiedenis. Skakel gerus in om 8:00 vir die varste nuus op jou gunsteling radiostasie, Radio Orania!

