Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

Takaichi behaal historiese oorwinning in Japan se verkiesing

by | Feb 9, 2026 | Nuus | 0 comments

Japan se Eerste Minister, Sanae Takaichi, het ’n beslissende en historiese oorwinning behaal in die algemene verkiesing wat op 8 Februarie 2026 gehou is. Die uitslag word wyd beskryf as een van die sterkste verkiesingsmandate in Japan se moderne politieke geskiedenis, en volg slegs sowat drie en ’n half maande nadat sy as die land se eerste vroulike premier aangestel is.

Takaichi het in Oktober 2025 die leierskap van die Liberale Demokraties Party (LDP) gewen en is op 21 Oktober 2025 as Eerste Minister beëdig. In Januarie 2026 het sy die parlement ontbind en ’n verkiesing uitgeroep om ’n vars mandaat vir haar hervormingsagenda te bekom, ’n stap wat duidelik deur kiesers beloon is.
Volgens voorlopige uitslae het die LDP alleen sowat 316 setels in die Laerhuis verower, uit ’n totaal van 465. Saam met hul koalisievennoot, die Japan “Innovation Party”, het die regerende blok ongeveer 352 setels gewen, genoeg vir ’n twee-derdes meerderheid. 
Dit stel die regering in staat om wetgewing deur te voer selfs al is daar teenstand in die Boonste Huis.
Die verkiesingsveldtog het sterk gefokus op belastingverligting, verhoogde verdedigingsbesteding, strenger immigrasiebeheer en ’n meer onvattende buitelandse beleid, veral teenoor China en rondom Taiwan. 
Takaichi, wat dikwels met Margaret Thatcher vergelyk word, het haarself as ’n ferm, konserwatiewe leier geposisioneer.
Finansiële markte het positief gereageer, met die Nikkei-indeks wat na rekordvlakke gestyg het. Ontleders meen die uitslag gee Takaichi ’n kragtige mandaat om haar ekonomiese en veiligheidsagenda vinnig deur te voer, en kan Japan se binnelandse en buitelandse beleid ingrypend hervorm in die jare wat voorlê.
0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem