Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

Aktiviste in New York hou betoging om Malema te ondersteun

by | Apr 20, 2026 | Nuus | 0 comments

’n Klein groepie linksgesinde aktiviste het Sondag in New York bymekaargekom vir ’n betoging onder die vaandel “Hands Off Malema”. Hulle is bekend vir hul radikale ideologiese standpunte.
Die betoging volg nadat die Landdroshof in Oos-Londen EFF-leier Julius Malema tot ’n effektiewe vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis het op verskeie vuurwapenverwante aanklagte wat spruit uit ’n 2018-saamtrek in Mdantsane. Sy regspan het verlof tot appèl verkry.
Die protesaksie het buite die Suid-Afrikaanse Konsulaat-generaal in Manhattan plaasgevind, ’n bekende plek vir internasionale drukgroepe om hul ideologiese veldtogte te voer. Betogers het selfs so ver gegaan om die Amerikaanse president Donald Trump by die saak te probeer betrek – ’n aantyging wat die breër neiging weerspieël om plaaslike regsprosesse te politiseer en te verdraai.
Trump het reeds internasionaal aandag gevestig op die kwesbare posisie van wit Suid-Afrikaners, veral boere, en die debat rondom veiligheid en eiendomsreg in die land. Sy uitsprake het gelei tot die opening van ’n vlugtelingprogram vir Suid-Afrikaners wat hulself bedreig voel – ’n stap wat die erns van die situasie onderstreep.
Teen hierdie agtergrond bly Malema ’n uiters omstrede figuur, nie net plaaslik nie maar ook internasionaal. Sy herhaalde gebruik van die strydlied “Kill the Boer” het wêreldwyd reaksie ontlok en vrae laat ontstaan oor die normalisering van opruiende en verdelende retoriek in die openbare sfeer.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem