Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

Boere­mag-parallele in huidige Duitse hofsaak

by | Des 18, 2025 | Nuus | 0 comments

Die huidige regsaksies in Duitsland teen sogenaamde Reichsbürger-groepe roep herinneringe op aan die Boere­mag-saak in Suid-Afrika in die vroeë 2000’s. Soos destyds in Suid-Afrika, blyk dit toenemend dat die vermeende bedreiging groter in die media voorgestel word as wat dit in die praktyk was.
In 2002 het die Boere­mag verantwoordelikheid aanvaar vir aanslae op spoorweginfrastruktuur in Soweto, asook ’n mislukte plofstofaanval in Bronkhorstspruit. Die groep is later ontmasker as klein, ongeorganiseerd en sonder noemenswaardige steun, met baie lede wat as informante opgetree het. Ná jare lange verhoorafwagting is die saak eers in 2013 afgehandel.
In Duitsland het owerhede in Desember 2022, onder die regering van kanselier Olaf Scholz, ’n grootskaalse polisieoptrede geloods teen ’n vermeende regs-ekstremistiese sameswering. Meer as 3 000 polisielede is ontplooi om 25 mense in hegtenis te neem, met Heinrich XIII Reuss as die beweerde leier. Verdere arrestasies het in 2023 gevolg, en altesaam sowat 65 persone is aangekla.
Die beskuldigdes word daarvan verdink dat hulle beplan het om die Duitse staat omver te werp. Tot dusver het die hofprosesse egter min bewyse opgelewer van werklike gewelddadige dade of ’n funksionele terroriste-organisasie. Die groep het hoofsaaklik bestaan uit bejaarde individue met uiteenlopende ideologiese en esoteriese oortuigings, sonder ’n duidelike bevelstruktuur of operasionele vermoë.
Daar is tans drie afsonderlike hofsake aan die gang in Frankfurt, Stuttgart en München. Twee van die beskuldigdes is reeds in aanhouding oorlede. Soos met die Boere­mag in Suid-Afrika, wys die Duitse saak waarskynlik minder op ’n werklike terrorismegevaar as op die gevaar van mediahisterie – waar ideologiese randfigure tot monsters opgeblaas word, terwyl werklike dreigemente ongemerk voortwoeker.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem