Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

Danie Theron-gedenksuil beskadig

by | Okt 22, 2025 | Nuus | 0 comments

Die Erfenisstigting het bevestig dat herstelwerk aan die Danie Theron-gedenksuil naby Fochville sowat R70 000 sal kos nadat die monument se koperweerligafleier onlangs gesteel is. Die diefstal het die 25 meter hoë suil weerloos teen weerlig gelaat.
Volgens die stigting is die monument, wat al sedert 1950 as eerbetoon aan die moed en vernuf van Danie Theron dien, die jongste slagoffer van vandalisme en erfenismisdade. Dit volg kort ná die skade wat vroeër van die maand aan die Kruger-beeldgroep op Kerkplein in Pretoria aangerig is.
Leonie Marais, erfenisspesialis by die Kultuurtuiste, sê die herstel van die weerligafleier is nie net ’n tegniese noodsaaklikheid nie, maar deel van die breër roeping om kulturele erfenis te bewaar. Direkte weerligslae kan ernstige strukturele skade aanrig aan die brose monument.
Dawid Brand, hoof van media en toerisme by die Kultuurtuiste, beskryf die Danie Theron-gedenksuil as ’n onvervangbare erfenisbaken wat al vir 75 jaar as simbool van moed en volharding dien.
Lizette Jansen, bestuurder van die Erfenisstigting, sê die toename in vandalisme van erfenisbakens is ontstellend en dat die publiek aangemoedig word om aktief by te dra tot erfenisbewaring. “Ons kan nie net toekyk hoe ons historiese geheue gestroop word nie,” waarsku sy.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem