Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

EFF bestempel Malema-vervolging as polities gemotiveerd

by | Jan 23, 2026 | Nuus | 0 comments

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters meen dat die saak teen hul leier, Julius Malema, polities gemotiveerd is.
Malema verskyn vandag in die Oos-Londense Landdroshof  waar die voorvonnisverrigtinge in sy vuurwapensaak plaasvind.
Hy is verlede jaar skuldig bevind nadat hy tydens die EFF se vyfde bestaansjaarviering in 2018 in Mdantsane na bewering ’n vuurwapen afgevuur het.
EFF-ondersteuners het belowe om Malema deurgaans te ondersteun. Hy het intussen aangedui dat hy teen enige vonnis wat die hof oplê, sal appelleer.
Die party glo die saak word gebruik om die EFF te ondermyn en vergelyk dit met die inhegtenisneming van oudpresident Nelson Mandela tydens die apartheidsjare.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem