Bakkies Botha, Adam Tas en Appel het reeds hul gewig by HelpJag ingegooi – en nou sluit nóg ’n bekende Suid-Afrikaner by hulle aan. Solidariteit Helpende Hand het aangekondig dat die gewilde sanger en liedjieskrywer Jo Black as nuwe ambassadeur by HelpJag aansluit, ’n stap wat die projek se boodskap van hoop en praktiese hulp verder versterk.
Met Jo Black se aanstelling snoer vier uiteenlopende, maar eensgesinde stemme kragte saam om honger doelgerig te takel en ondersteuning na gemeenskappe regoor Suid-Afrika te bring.
Black, wat bekend is vir sy liefde vir mense en sy betrokkenheid by gemeenskapsinisiatiewe, sê sy besluit om by HelpJag betrokke te raak was vanselfsprekend.
“Toe ek genader is deur ’n organisasie wat ek reeds ondersteun, was dit ’n no-brainer. Hier wil ek hand bysit om ’n verskil te maak,” sê hy. “Ons almal wil iets goeds doen. Daar is altyd iets wat iemand kan gee – hetsy tyd, vaardighede of hulpbronne.”

Volgens Black spruit sy betrokkenheid uit ’n diep oortuiging dat mens nie onbetrokke kan bly wanneer ander swaarkry nie.
“Swaarkry kry vrye teuels wanneer goeie mense toekyk en niks doen nie,” sê hy. “Ek kies om my platform te gebruik om bewusmaking te bring en dalk ’n klein verskil te maak. Stilte is ook ’n keuse, en ek glo nie dis ’n keuse wat iemand kan bekostig nie.”

Vir Black bly hoop sentraal. “Ek staan vir hoop, en hoop is iets wat iemand laat uitsien na môre.”
Volgens Margolé Riekert, hoof van projekte by Solidariteit Helpende Hand, beteken Jo Black se betrokkenheid veel meer as net groter sigbaarheid.
“Sy opregte liefde vir mense, sy geloofsgedrewe waardes en sy hart vir gemeenskappe sluit naatloos aan by dit waarvoor HelpJag staan,” sê Riekert. “Saam met Bakkies Botha, Adam Tas en Appel gee sy betrokkenheid ’n kragtige stem aan HelpJag se boodskap van hoop, samewerking en omgee.”

HelpJag is Solidariteit Helpende Hand se nasionale wildsvleis- en voedselhulpinisiatief en een van die organisasie se vlagskipprojekte. Sedert die projek bykans nege jaar gelede begin het, is sowat 280 ton wildsvleis ingesamel en versprei. Die inisiatief dien as aanvullende ondersteuning vir die Kosblikkie-projek, wat tans ongeveer 8 000 kleuters in 130 skole landwyd voed.
“HelpJag het ontstaan toe ons besef het hoe groot die behoefte aan proteïen in skole is en hoe hoog vleispryse gestyg het,” verduidelik Riekert. “Deur jagters te nooi om wild te skenk, kan ons vleis verwerk en versprei na skole en gemeenskappe waar dit die nodigste is.”
Sy sê jagters kan oortollige karkasse skenk, terwyl individue en ondernemings ook finansieel kan bydra om die verwerking en verspreiding van vleis moontlik te maak.
Met vier ambassadeurs wat nou doelbewus kragte saam snoer, glo HelpJag dat die projek se impak en bereik in 2026 betekenisvol sal groei.
Meer inligting oor HelpJag en hoe om betrokke te raak, is beskikbaar by www.helpjag.co.za