Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

Minister Steenhuisen kap terug oor bek-en-klouseer hofaansoek

by | Mar 4, 2026 | Nuus | 0 comments

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê ’n hofsaak oor bek-en-klouseer dien sekere rolspelers se eie agendas en kan die rooivleisbedryf benadeel.
Hy waarsku dat die regsaksie verdere onsekerheid in die landbousektor kan skep, terwyl die regering reeds besig is met maatreëls om die siekte te beheer en uitbrekings te beperk.
Volgens Steenhuisen is bek-en-klouseer ingevolge wetgewing ’n beheerde siekte, wat beteken dat die hantering daarvan, insluitend inentings, streng gereguleer word. Hy beklemtoon dat hierdie regulasies daarop gemik is om biosekuriteit te beskerm en Suid-Afrika se uitvoermarkte te beveilig.
Die dispuut spruit uit die vraag of private rolspelers toegelaat moet word om entstof self aan te koop en toe te dien.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem