Die Nasionale Vergadering het ’n salarisverhoging van 3,8% vir president Cyril Ramaphosa goedgekeur.
Parlementslede het gister oor die voorgestelde verhoging gedebatteer. Sommige lede het aangevoer dat die president, te midde van ekonomiese uitdagings en druk op staatsfinansies, ’n voorbeeld behoort te stel deur nie die verhoging te aanvaar nie.
Ramaphosa het onlangs ook ’n soortgelyke salarisaanpassing vir kabinetsministers en parlementslede goedgekeur.
Met die jongste verhoging sal die president se jaarlikse salaris op ongeveer R3,4 miljoen te staan kom.

