Luister op 95.5fm

Luister aanlyn!

Afrikaner-geskiedenis word uit sillabus geskrap

by | Apr 8, 2026 | Nuus | 0 comments

Die Departement van Basiese Onderwys het onlangs verskeie voorgestelde wysigings aan die Graad 12-geskiedenissillabus aangekondig. Minister Siviwe Gwarube het die voorstelle in die Staatskoerant gepubliseer. Volgens die voorgestelde aanpassings sal die geskiedeniskurrikulum meer Afrika-gesentreerd wees, eerder as om op Europese geskiedenis te fokus.
Matriekleerlinge sal nie meer oor Amerikaanse burgerregtefigure leer nie. Nog meer kommerwekkend is dat die Anglo-Boereoorlog – een van die belangrikste gebeure in die Afrikaner se geskiedenis – heeltemal uit die Graad 10-kurrikulum geskrap word. Die Franse Rewolusie verdwyn ook uit die sillabus.
In die plek daarvan word daar groter klem gelê op die bevrydingstryd en die politiek van apartheid.
Vir ons Afrikaners is die boodskap duidelik: ons geskiedenis word doelbewus na die kantlyn geskuif. Dit is nie net ’n akademiese besluit nie – dit is ’n ideologiese skuif. Geskiedenis mag nie herskryf te word om by ’n politieke agenda te pas nie. ’n Volk wat nie sy eie geskiedenis ken nie, word maklik ontwortel en gemanipuleer.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegTerug na stem